Valke Captian 2014

r20cap_571863776

SPANNER Pretorius is aangewys as die Valke se nuwe kaptein vir vanjaar se rugbyseisoen.

Pretorius, wat al voorheen kaptein was van vir sy laerskoolspan, die 0/19 Cravenweek Luiperds, die sewes Luiperds en ook die senior Luiperds, het gesê dat hy ‘n voorbeeld vir sy span wil wees.

Die Valke, wat nou aan die Vodacombeker deelneem, moet volgens Pretorius met “attitude” speel en vir niemand terugstaan nie.

Pretorius het sy liefde vir rugby van sy pa en oupa, wat destyds vir die Wes-Transvaal gespeel het, geërf.

Hy het ses jaar aan die Universiteit van Potchefstroom gestudeer en vir hulle rugby gespeel.

Pretorius is nou al twee jaar getroud en het babaseuntjie van 10 maande.

Hy het gesê dat die hoogtepunt in sy loopbaan sy eerste Curriebekerwedstryd was en dat sy familie uit hul pad gaan om hom te ondersteun. Sy laagtepunt was ‘n jaar wat hy nie kon speel nie as gevolg van ‘n nekbesering.

Dié Valke-agtsteman se ideale weersomstandighede om in te speel is lekker sonskyn, maar hy speel om te wen in enige weer. Pretorius het gesê dat hy en die res van die span hierdie seisoen die “basics” moet reg doen en ‘n wenkultuur moet kweek.

(extracted from Kemptonexpress.co.za)