Valke Rugby

Een van die top driedrukkers in die Eersteliga, die vleuel Ettienne Taljaard en die ervare Grant Janke begin Vrydagmiddag in Kempton vir die Valke teen die OP.

Taljaard en vier ander spelers het tot dusver vyf drieë elk in die kompetisie gedruk.

Janke begin op binnesenter en Anrich Richter is terug op skrumskakel.

Daar is ook veranderinge aan die agttal waar die beseerde Koos Strauss en Ernst Ladendorf vervang moes word.

Ladendorf se seisoen is dalk verby en hy word deur die oud Leeuwelpie Wiehan Jacobs vervang.

Strauss se plek word deur Juice Gumede ingeneem.

Twee van verlede jaar se juniors, die slot Andrew Volschenk en die vleuel Hardus Pretorius is Vrydag op die bank.

1 Juice Gumede
2 Marco Klopper
3 Heinrich Roelfse
4 Jacques Alberts
5 Shane Kirkwood (k)
6 Thabo Mabuza
7 Wiehan Jacobs
8 Friedle Olivier
9 Anrich Richter
10 Errol Jaggers
11 Ettienne Taljaard
12 Grant Janke
13 Lundi Ralarala
14 Coert Cronjé
15 Andries Truter
Reserwes:
16 Jan Enslin
17 Andries Schutte
18 Andrew Volschenk
19 Martin Sithole
20 Johan Pretorius
21 Andrew van Wyk
22 Hardus Pretorius

Share Now

Related Post

blog-grid

Valke vs EP Elephants

Leave us a reply