Valke vs EP Elephants

Die Valke het Vrydagmiddag in Kempton hul grootste Curriebekeroorwinning in die geskiedenis behaal deur die OP 101-29 te klop.

Die is ook die eerste keer in die geskiedenis dat die Valke ‘n honderdtal in SA behaal.

Hulle het in 1998 op hul toer na Suid-Amerika ‘n oorwinning van 109-0 behaal.

Die is die derde 100-tal wat ‘n OP span die afgelope tien dae afstaan.

Die WP se Onder 21s het die OP ook Vrydag in Despatch 173-0 geklop en die Bulle se Onder 21s het die OP verlede week 149-13 geklop.

Die vleuel Ettienne Taljaard het Vrydag vier van sy span se 15 drieë gedruk met drie ander spelers wie twee elk gedruk het.

Thabo Mabuza, Friedl Olivier en Coert Cronjé het elk twee keer gedruk met vyf wie een drie elk gedruk het.

Marco Klopper, Lundi Ralarala en die reserwes Andrew van Wyk, Martin Sithole en Andrew Volschenk het ook gedruk.

Anrich Richter het elf verdoel en Andries Truter twee.

Share Now

Related Post

blog-grid

Valke Rugby

Leave us a reply